Hommeltuig-vlieëniers gaan misdaad in Gauteng vasvat
Die Gautengse polisiekommissaris, Elias Mawela, het 13 pas-gekwalifiseerde hommeltuig-vlieëniers in Midrand bekend gestel. Dit is deel van die provinsiale regering se verbintenis tot die instelling van e-Polisie-strategieë. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het met die bekendstelling gesê die hommeltuig-tegnologie sal na verwagting die ontplooiing van bronne laat toeneem en gereedheid vir die bekamping van misdaad in hoërisiko-gebiede verbeter. Sy sê die 13 vlieëniers is deur die burgerlugvaart-owerheid gesertifiseer.