Home of Good Hope hou insamelingsveldtog

Home of Good Hope is in 2007 deur Monica Imanga as ‘n sopkombuis gestig en as ‘n Artikel 21-maatskappy geregistreer. Dit het ontwikkel tot ‘n omvattende sosiale opheffingsentrum in die Goreangab informele nedersetting in Windhoek. Die organisasie verskaf voedings-, gesondheids- en opvoedkundige ondersteuning asook sportprogramme aan meer as 800 kwesbare kinders, en borg kwalifiserende studente vir tersiêre opleiding. Dit bied ook gesondheidsorg- en voedingsondersteuning aan ouers en verhoog hul potensiaal om werk te kry met ‘n Volwasse-onderrigprogram. Kosmos 94.1 Nuus het met Monica Imanga gesels.

Die organisasie bied tans sy jaarlikse fondsinsameling aan met die titel “Kersfees in Julie,” wat op 20 Augustus eindig. Leoni Futter, die volhoubaarheidsdirekteur, gee meer inligting.