Holtzhausen woon Pan-Afrika Parlement oor Alzheimers by  

Berrie Holtzhausen van Alzheimers-Demensie Namibië gaan Woensdag die Pan-Afrika Parlement in Midrand, Suid-Afrika, bywoon om mites oor die siektes te takel. Riglyne sal van stapel gestuur word om die wrede en skadelike praktyke wat verband hou met beskuldigings van pasiënte van heksery en rituele aanvalle, uit te wis. Mense wat ly aan Alzheimer se siekte of demensie word dikwels, veral in die noorde van Namibië, van heksery uitgekryt. Holtzhausen verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.