Hokaai eers met mynlisensies!
Die ministerie van myne en energie stel ‘n nuwe aansoekproses bekend vir die verskillende lisensies binne sy mandaat vir meer doeltreffende dienslewering. Aansoeke vir mineraalregte en stroomop petroleumlisensies onder die oop lisensiestelsel het oneffektief geword weens die onlangse hoër vraag na kritieke minerale en die ontdekking van olie en gas, wat ‘n hoër aantal nuwe aansoeke tot gevolg gehad het. Dit het ‘n massiewe agterstand veroorsaak, omdat die hersiening en toekenning van lisensies nie kon byhou nie. Aansoeke sal nou net binne sekere tydperke aanvaar word, wat die ministerie genoeg tyd gee om hulle te hersien. Die ministerie se woordvoerder, Ten Hasheela, brei uit.