Hofgeding dreig oor nuwe opperhoof

Professor Mutjinde Katjiua is die naweek by Onderombapa ingehuldig as die Ovaherero-volk se nuwe opperhoof maar, daar is reeds ‘n hoërhofsaak wat die inhuldiging ter syde wil laat stel. Volgens wat berig word, sal Katjiua vandag verskeie seremonies en rituele moet voltooi om amptelik as ombara otjitambi van die Ovaherero te wees. Plaaslike media berig dat geen verdere inligting oor die twee faksies bekom kon word nie en Katjiua se faksie was onbereikbaar. Wat wel vrae laat ontstaan het is die verkiesingsproses wat gevolg is waar Katjiua die meerderheid stemme ontvang het. Die huidige voorsitter van die tradisionele owerheid Vipuira Kapuuo het homself van die uitslae gedistansieer en het die dringende aansoek voor die hoërhof ingedien.