Hofaansoek teen Swapo word voorberei
Daar word berig dat vyf Swapo-lede besig is om ‘n dringende aansoek voor te berei om die besluit van die party om volgende jaar ‘n buitengewone kongres te hou, uit te daag. Richard Metcalfe tree vir die vyf op. Die party, en sy adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is die respondente. Die lede sê Swapo is in stryd met sy grondwet wat sê ‘n kongres moet binne drie maande na die partypresident se pos vakant geword het, gehou word. Swapo wil sy kongres in April volgende jaar hou.