Hof vir klein eise uiteindelik op pad

Die kabinet se besluite ná sy 17de sitting is deur die adjunk-inligtingminister, Modestus Amutse, bekendgemaak. Hy het aangekondig dat Erongo-goewerneur Neville Andre die Beste Afrika Goewerneur van die Jaar-toekenning gewen het. Namibië sal ook gasheer wees vir ‘n gesamentlike vergadering oor die Landbou-ontwikkelingsprogram vir die 15de Afrika-dag van voedsel- en voedingsekerheid in Windhoek, van 29 Oktober tot 1 November. Daarbenewens sal ingrypings ingestel word om verskeie sosio-ekonomiese kwessies aan te spreek. ‘n Hof vir klein eise sal onder andere dringend tot stand gebring word. Amutse het meer.