Hof sal nog uitspraak oor R50m-skenking aan Kuba lewer

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou in AfriForum se hersieningsaansoek, om die regering se beplande skenking van 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Kubaanse regering te stuit. Die organisasie het verlede jaar ‘n dringende interdik bekom om te keer dat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking die geld skenk. Die regering se poging om te appelleer is van die hand gewys. Ernst van Zyl van AfriForum sê Suid-Afrika het belangriker kwessies om te hanteer. Dit sluit die elektrisiteitskrisis, werkloosheid en korrupsie in: