Hof moet dalk Ekandjo-wetsontwerpe bekyk

Die prokureur-generaal sal dalk die Swapo wetgewer Jerry Ekandjo se private lid wetsontwerpe na die hof moet verwys indien President Nangolo Mbumba besluit om dit nie te onderteken nie.  Regspraktisyn Kadhila Amoomo sê volgens die grondwet mag die president sy handtekening weerhou indien hy meen so ‘n wetsontwerp kan teenstyrdig wees met dele van die grondwet. Amoomo het verwys na wetsontwerpe oor gay huwelike asook veediefstal wetgewing.