Hof hoor vandag of Maree regshulp het of nie

Die vermeende pedofiel en oud-polisieman Johann Maree se verhoor is weer vanoggend voor regter Philanda Christiaan. Die saak is op 6 November uitgestel na sy regsverteenwoordiger onttrek het. Maree, wat 75 klagtes in verband met die seksuele misbruik van jong seuns in die gesig staar, sukkel reeds ‘n geruime tyd om sy verhoor af te skop. Dit is die derde regshulp prokureur wat onttrek van sy saak. Christiaan het die saak, wat reeds in Augustus moes begin het, tot vandag toe uitgestel en Maree gewaarsku dat die verhoor sal begin, met of sonder ‘n regsverteenwoordiger.