Hof gee Nersa opdrag om Eskom se tariefondersoek verwerk

Die hooggeregshof in Pretoria het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, Nersa, opdrag gegee om Eskom se tariefaansoek vir die 2022/2023-boekjaar teen Februarie volgende jaar te verwerk. Dit volg nadat die kragvoorsiener ‘n dringende aansoek ingedien het om Nersa se besluit om sy inkomste-aansoek van die hand te wys, om te keer. ‘n Woordvoerder, Sikhonathi Mantshantsha, sê aangepaste tariewe en pryse sal volgende jaar vanaf 1 April vir nie-munisipale kliënte en 1 Julie vir munisipale kliënte ingestel word.