Hof beslis Zuma kan nie in parlement dien nie

Die Konstitusionele Hof het beslis voormalige president en leier van die MK-party, Jacob Zuma, mag nie terugkeer na die parlement nie. Die hof het Zuma vroeër skuldig bevind aan minagting omdat hy ‘n vorige hofbevel verontagsaam het. Regter Leona Theron sê in die uitspraak, al is daar in ag geneem Zuma se vonnis is verminder, hou die hof vol die oorspronklike vonnis het 12-maande oorskry, wat hom diskwalifiseer van parlementêre geskiktheid ingevolge die Grondwet: