Hof beslis Harry se foon is afgeluister

Prins Harry het sy regstryd teen die Mirror Group Newspapers gewen nadat die Hooggeregshof in Londen beslis het joernaliste het sy foon afgeluister. Die hof het skadevergoeding van 3,3 miljoen Namibiese dollar aan die prins toegeken. Regter Timothy Fancourt het tot die gevolgtrekking gekom dat die Daily Mirror, Sunday Mirror en Sunday People tussen 2006 en 2011 bekendes se fone afgeluister het. Prins Harry het in sy reaksie gesê die uitspraak is ‘n wonderlike dag vir waarheid en aanspreeklikheid.