Hof behou uitspraak oor leierskapsgeskil

Die Kieshof het uitspraak voorbehou in die MK-party se leierskapsgeskil. Die uitgeskopte stigter, Jabulani Khumalo, beskuldig oud-president Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, van vervalsing van sy handtekening op ‘n brief aan die Verkiesingskommissie om die party se leierskap te verander. Woedende ondersteuners het Khumalo ook aangeval buite die hof, wat in die Hooggeregshof in Johannesburg sit. Zuma se advokaat, Dali Mpofu, vra die hof moet die saak uitgooi.