Hoesstroop onttrek uit mark

 

 ‘n Bekende hoesstroop wat in Mei 2021 in Suid-Afrika vervaardig is, is in Nigerië en Kenia aan die mark onttrek weens hoe vlakke van ‘n potensieel dodelike gifstof. Netwerk 24 berig een besending van Benylin hoesstroop vir kinders bevat onaanvaarbaar hoe vlakke van diëtileenglikol, wat sedert 2022 verbind word aan die sterftes van kinders in Gambië, Uzbekistan en Kameroen.  Dit word beskryf as een van die ergste vlae vergiftiging weens medisyne tot dusver. Gebruik van die hoesstroop kan maagkrampe, diarree, hoofpyne en akute nierskade veroorsaak wat selfs tot die dood kan lei.  Kenia se Pharmacy and Poisons Board het met ondersoeke begin.