Hoërhof genader oor kripto-bedrogspul 

Die prokureur van, van die beskuldigdes in die vermeende kripto-bedrogspul, Sisa Namandje het ‘n dringende aansoek by die hoërhof ingedien in ‘n poging om sy en die ander beskuldigdes, se aanhouding as onwettig te verklaar. Daar word beweer dat die 14 beskuldigdes nie op 5 Oktober gearresteer is nie maar, op 3 Oktober en dus, was hul verskyning op 6 Oktober oor die maksimum toegelate 48 uur se aanhouding sonder verhoor. Die landdros Jozanne Klazen het ook gesê dat ‘n hersiening van die verrigtinge op 6 Oktober na die hoërhof verwys sal word en het die saak tot vandag uitgestel. Die tien Chinese burgers, een Ugandees, ‘n Kubaan, ‘n Angolese burger en ‘n Namibiër staar 98 klagtes in die gesig wat mensehandel, bedrog, geldwassery, rampokkery, belastingontduiking en oortreding van immigrasie-wette insluit. Die bedrog beloop blykbaar 8,8 miljoen Namibiese dollar.