Hoër MIV-oordrag van ma na kind wek kommer

Die Stad Tshwane se Gesondheidsdepartement is bekommerd oor die stygende MIV-oordrag van ma na kind. In die eerste ses maande vanjaar het 232 babas in Gauteng positief getoets vir MIV en byna 40 was van Tshwane. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê die Gesondheidsdepartement bied aan ma’s, vroue en kinders gesondheids- en voedingsprogramme by sy 24 klinieke vir basiese gesondheidsorg.