Hoër kragkostes? Ministerie het die oplossing!

Na beweringe van moontlike verhogings van kragtariewe deur NamPower, ontstaan die vraag of die ministerie van myne en energie se Solar Revolving Fund steeds bestaan en in werking is. Die Solar Revolving Fund is ‘n kredietfasiliteit wat in 1996 deur die ministerie gestig is om die vraag na die benutting van hernubare energie in die landelike gebiede te stimuleer, veral vir gemeenskappe wat in gebiede wat buite die netwerk woon, maar ook aan stedelike kliënte en huishoudings. Die fonds bied gesubsidieerde lenings aan Namibiese burgers teen ‘n vaste rentekoers van 5 persent per jaar vir vyf jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunkdirekteur van die fonds, Niita Amakutsi, gesels…