Hoër krag-, watertariewe dryf inflasie in behuising-kategorie
In Oktober het die kategorie behuising, water, elektrisiteit, gas en ander brandstof ‘n inflasiekoers van 4,4 persent op ‘n jaargrondslag geregistreer, ‘n toename vanaf 3,3 persent in Oktober verlede jaar. Die styging is grootliks gedryf deur verhoogde elektrisiteit- en watertariewe. Stad Windhoek se raad het ‘n verhoging van 5 persent in water-, tariewe en belastings, riool- en afvalbestuurstariewe aangekondig vanaf 1 Oktober. Hierdie aanpassing gaan maandelikse huishoudelike koste in Windhoek verhoog, wat besteebare inkomste vir direkte verbruikers beïnvloed en bedryfskoste verhoog vir besighede wat van munisipale dienste afhanklik is. Volgens Simonis Storm kan hierdie tariefverhoging breër inflasionêre implikasies hê, aangesien besighede hoër koste aan verbruikers kan deurgee, wat tot marginale prysstygings oor geaffekteerde bedrywe kan lei.