Hoër beurtkragvlakke ingestelJuly 12, 2023

Eskom sê hy word gedwing om fase vier- en ses-beurtkrag in te stel weens die verlies aan bykomende opwekkings-eenhede. Fase vier het om vanoggend begin en sal tot twee-uur vanmiddag voortduur. Daarna geld fase ses tot vyfuur môreoggend. Hierdie skedule sal tot verdere kennisgewing toegepas word. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokoena, verduidelik die ander redes vir die noodsaaklikheid van hoë beurtkragvlakke.