Hoekom is kiesersregistrasie-regulasies nou eers in Gazette?
Die Verkiesingskommissie van Namibië het op 5 Julie die nuwe regulasies vir kiesersregistrasie asook vir die registrasie van politieke partye, verenigings en organisasies in die Staatskoerant gepubliseer. Die kommissie het ook amptelik die vorige regulasies wat in Mei 2015 in die Gazette gepubliseer is, herroep. Die algemene registrasie van kiesers het egter reeds op 1 Junie begin en die tydsberekening van die regulasies se publikasie laat wenkbroue lig. Onder andere die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood, wil weet hoekom die regulasies eers in die middel van die registrasie-periode gepubliseer word.