Hoekom is Khomas se inflasie so hoog?

Landwye inflasie het in Augustus 4,4 persent beloop, af van 4,6 persent in Julie en 4,7 persent in Augustus verlede jaar. Die Khomas-streek, of sone 2, het egter inflasie van 5,4 persent aangeteken. Sones 1 en 3, die noordelike streke en die Suide met Omaheke en Erongo, het 3,9 persent inflasie gehad. Hierdie diskrepansie kom elke maand voor. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom, oor hoekom die Khomas-streek die hoogste inflasie aanteken.