Hoë voedselpryse is ‘n geleentheid – Hangala

Inflasie van 5,4 persent is in Januarie aangeteken, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se nuutste verslag. Veral voedselpryse het hemelhoë inflasie in Januarie getoon, met vis wat 14,5 persent duurder was, groente 13,5 persent en vrugte 17,4 persent. Suiwel en eiers was op met 13,1 persent en koffie en tee het jou 11,9 persent meer uit die sak gejaag. Sakeman dr. Leake Hangala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê werkskepping, veral in landbou en prosessering is belangrik.