Hoë prys van uraan ‘sal Namibië bevoordeel’

Die prys van uraan het na meer as 100 Amerikaanse dollar per pond gestyg, en mynmaatskappye begin hulself herposisioneer vir verskerpte aktiwiteite in die winsgewende sektor. Volgens die Bank van Namibië is die plaaslike uraansektor gereed vir ‘n ommeswaai, met groei wat op 14,8 persent in 2023 en ‘n bykomende 5,2 persent in 2024 geprojekteer word. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Yelland, ‘n Suid-Afrikaanse energie-ontleder, gepraat oor hoekom die prys van uraan gestyg het. Hy sê Namibië, die vierde grootste uraanprodusent ter wêreld, sal beslis voordeel trek uit die hoër prys vir die gesogte mineraal.