Hoe het Chidimma se ma na Nigerië gereis?
ActionSA sê hy het aan die Departement van Binnelandse Sake geskryf en gevra hoe die gewese Mej. Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Adetshina, se ma die land kon verlaat om na Nigerië te reis. Sy word tans weens bedrog en korrupsie ondersoek. ʼn Voorlopige ondersoek deur die departement het bevind Adetshina se ma het na bewering ‘n Suid-Afrikaanse vrou se identiteit gesteel. Matthew George van ActionSA sê die departement het verlede maand gesê die ondersoek is op ʼn gevorderde stadium: