Hoe help dit studente om hul kwalifikasies terug te hou?

Potensiële gegradueerdes van die Universiteit van Namibië wat agterstallige skuld het, kan tans nie hul kwalifikasie sertifikate of akademiese transkripsies bekom nie. Dit veroorsaak kommer onder studente wat hierdie maand moet gradueer, aangesien hulle toekomsvooruitsigte volgens hulle belemmer word. Jeugaktiviste het probeer om die universiteit te betrek om ‘n oplossing te vind, maar hul pogings was tot dusver onsuksesvol. Die geaffekteerde studente eis egter dat die universiteit ingryp en dreig om die komende gradeplegtigheid te boikot. Jeugaktivis Josef Kazangile voer aan dat dit sinloos is om te gradueer sonder enige akademiese rekords of dokumente wat studente se voltooiing van hul studies by die universiteit bewys.