Hoe gemaak as die skoen druk

Verbruikers in Namibië is vasgevang in ‘n meedoënlose bekostigbaarheidstryd te midde van skynbaar nimmereindigende inflasiedruk soos die pryse van algemene items die hoogte inskiet. Die jaarlikse inflasiekoers het in Oktober op 6 persent gestaan, wat hoër is as die 5,4 persent wat in September aangeteken is. Die toename is hoofsaaklik te wyte aan duurder kos, elektrisiteit, petrol en ander brandstowwe. Dwarsoor die wêreld is mense hard getref deur sulke prysstygings. Black Business Leaders Network se hoof uitvoerende beampte, Elifas Simon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê in tye van ekonomiese onsekerheid moet mens jou geld nader aan die huis spandeer.