Hoe anders is NamRA van RedForce?

Die hoof uitvoerende beampte van Katima Mulilo het skerp gereageer op aanmerkings deur die lynminister Erastus Uutoni dat plaaslike owerhede nie maatskappye soos RedForce moet aanstel nie en eerder self skuld invorder. Raphael Liswaniso sê vir ‘n minister wat nie veel doen om plaaslike owerhede te ondersteun nie, kom sy kommentaar op ‘n verkiesingsfoefie neer. Hy sê daar is geen nut om met inwoners wat nie betaal nie te gesels nie omdat dit geen verskil maak nie. Hy sê verder die regering het self ‘n derde party om sy skuld in te vorder in die vorm van NamRA.