Hochfeld-inwoners het ook hulp nodig met brand

Nóg ‘n verwoestende veldbrand woed in die omgewing van Hochfeld. Die brandbestryders wat tans help, het nie meer kos, water of brandstof nie. Inwoners in die gebied doen ‘n dringende beroep op die publiek om te kom help. Kontak Esmarie Kotze by 081 240 7117.