Hlope en kie boos oor NVG se Phala Phala besluit

Die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe, het die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit gekritiseer om niemand in die Phala Phala-aangeleentheid te vervolg nie. Die voormalige spioenbaas Arthur Fraser het ‘n saak teen president Cyril Ramaphosa en die voormalige hoof van sy presidensiële beskermingseenheid, Wally Rhoode, geopen. Dit was oor die beweerde toesmeerdery van die diefstal van buitelandse valuta op die president se Limpopo-wildplaas in 2020. Hlophe sê die NVG se besluit bewys dat geregtigheid in Suid-Afrika net vir die elite beskore is: