HKIA: Qatar het vlugte hervat, Eurowings wag nog – hofaansoek vandag
Na aanleiding van die drama wat die naweek by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe afgespeel het nadat Menzies Aviation se verskaffing van die vrag- en grondhanteringsdienste deur die Namibiese Lughawensmaatskappy opgeskort en met Paragon Aviation vervang is, het sommige internasionale lugrederye weer hul vlugte Sondag hervat. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati, woordvoerder van die lughawensmaatskappy, gepraat wat meer oor die huidige situasie deel…
Kamati wou geen kommentaar lewer oor kwessies van sertifisering en meer nie, en sê die saak draai weer in die hof. Menzies Aviation se dringende aansoek om nie uitgesit te word nie, word vanoggend om 11-uur in die hoërhof aangehoor.