HKIA heroïen-verdagte weer vandag in die hof
Die 22-jarige Suid-Afrikaner Saeed Abdullaha Dludla sal vandag weer vandag in die Katutura-landdroshof verskyn nadat hy op 11 Februarie by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe met amper 5 kilogram heroïen, versteek in sy baggasie, betrap is. Die dwelms se waarde word op ongeveer 2,4 miljoen Namibiese dollar beraam. Hy is net na agt-uur die Vrydagaand met die dwelms gevang nadat polisiehonde dit uitgesnuffel het. Hy het op 14 Februarie in die hof verskyn en die saak is tot vandag toe uitgestel vir verdere ondersoek en sodat hy regsverteenwoordiging kan bekom.