Hittegolf tydens hadj dood talle pelgrims

Talle pelgrims is op die hadj in Saoedi-Arabië oorlede en nog meer word glo vermis. Volgens die jongste syfers is 19 mense se dood bevestig en 17 ander word nog vermis. Minstens ses van die slagoffers is aan sonsteek dood, met temperature van tot 50-grade Celsius wat vir die komende dae voorspel word. Die oorsaak van die ander sterftes is nie aangedui nie. Die Saoediese meteorologiese owerhede sê in Mekka het die kwik tot 47-grade gestyg, en in Mina tot 46.