Hittegolf in die Kaap, tot 40 grade verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen temperature tussen 30 en 40 grade vir Kaapstad en ander dele van die provinsie oor die volgende twee dae. Die Stad se Ramprisikobestuursentrum raai die publiek aan om voorsorgmaatreëls te tref om enige potensiële gesondheids- en algemene veiligheidsimpakte van die voorspelde weer te versag. Sonica Lategan van die sentrum het met die media gepraat.