Historikus: Alte Feste moet bewaar word

‘n Bekende Namibiese historikus en skrywer, het die belangrikheid van die bewaring van die Alte Feste-gebou beklemtoon. Dit is die oudste bestaande gebou in Windhoek en is in 1957 as nasionale monument verklaar, maar het vervalle geraak. Die onderwysministerie het ‘n ooreenkoms van tien jaar is met Namibia Arts, Crafts and Design gesluit wat die opknapping en bestuur van die Alte Feste-gebou sal insluit. Dr. Andreas Vogt deel die geskiedenis van die historiese gebou met Kosmos 94.1 Nuus.