Hishoono skuldig, Geingos kry N$250 000

Regter Orben Sibeya het pas bevind dat Abed Hishoono skuldig is aan verswarende laster teen die presidentsvrou Monica Geingos. Sibeya het skadevergoeding van 250 000 Namibiese dollar toegestaan. Geingos het Hishoono, ‘n onderwyser by die Elao Gekombineerde Skool in Ohangwena en ‘n mobiliseerder vir die IPC-party gedagvaar na hy aantygings teen haar gemaak het in verband met Air Namibia se likwidasie en meer. Regter Sibeya het ook aan Hishoono verskeie opdragte gegee.