Hinda oorweeg kriminele klagte teen Amupanda
Adjunk-finansminister Maureen Hinda sê sy oorweeg dit om kriminele klagte te lê teen die Affirmative Repositioning-leier en presidensiële kandidaat Job Amupanda. Dit kom nadat die hooggeregshof haar Woensdag 100 000 Namibiese dollar in ‘n naamskending-saak teen Amupanda toegeken het. Amupanda is ook beveel om Hinda se regskoste te betaal, wat volgens haar omtrent 500 000 Namibiese dollar kan beloop. Dit volg op lasterlike opmerkings wat hy op Facebook en Twitter geplaas het. Hinda sê hy maak steeds opmerkings op sy sosiale media-blad, en sy kan kriminele klagte oorweeg as hy nie daarmee ophou en “hom weerhou van sy arrogansie nie”.