Hillary steeds uiters gewild onder Demokrate
Die voormalige minister van buitelandse sake Hillary Clinton is hartlik verwelkom by die Demokrate se konvensie in Chicago. Daar is vir meer as ‘n minuut vir haar hande geklap deur die staande afgevaardigdes. In haar toespraak het sy die klem op vroue en families geplaas.