Hill-Lewis soek beleggings vir Kaapstad in die VSA

Die Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê Amerika is ʼn belangrike ekonomiese vennoot van die stad en die grootste bron van regstreekse buitelandse belegging in die ekonomie. Die burgemeester is tans in Amerika om groter belegging in die stad se ekonomie te bevorder. Hill-Lewis sê daar is rede vir optimisme vir Kaapstad se toekoms met die moontlikheid van ʼn rekordbelegging in infrastruktuur. Daar is boonop meer nuwe werksgeleenthede in dié stad geskep as in al die ander Suid-Afrikaanse stede saam. Daarby beleef toerisme en ander groeiende sektore tans ʼn hoogtepunt: