Hill-Lewis moet dieper kyk na werklike behuisingskrisis

Die GOOD Party doen ‘n beroep op Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis om die behuisingskrisis in die stad aan te spreek, en nie geskok te wees oor die afstand wat mense na hulle werk aflê nie. Die burgemeester het in ‘n verklaring gesê die gebrek aan ‘n passasierspoorstelsel wat werk, is ernstig gevoel tydens die onlangse taxistaking toe duisende pendelaars tot 30 kilometer moes stap om by die huis te kom. Suzette Little van GOOD sê gemarginaliseerde gemeenskappe in Kaapstad verdien behoorlike behuising: