Hill-Lewis betreur besnoeiings in begroting

Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis het die besnoeiing van 540 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor die volgende twee jaar in nasionale befondsing aan die stad, veroordeel. Dit is deel van uitgebreide besnoeiings wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, Woensdag in sy begrotingsrede aangekondig het. Hill-Lewis sê Kaapstad sal nog 52 miljoen rand minder ontvang as wat in verlede jaar se nasionale begrotingsrede voorspel is vir toelaes vir behuising, basiese dienste en die opknapping van informele nedersettings: