Hierdie klink na ‘n groot avontuur

Lasse Stolley was op soek na ‘n verandering in sy lewe nadat ‘n beplande vakleerlingskap deur die mat geval het. So byna twee jaar gelede het die tiener op Duitse treine begin woon. Met die vertrek op die epiese reis in Augustus 2022, het hy ‘n verbysterende 650 000 kilometer alreeds afgelê, gelykstaande aan meer as 15 keer om die aarde terwyl hy meer as 6 700 uur op treine deurgebring het. In ‘n onderhoud in ‘n kafee by Frankfurt se treinstasie het hy gesê. “Ek hou daarvan dat ek net by die venster kan kyk terwyl ek reis en kyk hoe die landskap vinnig verbyrits … en die feit dat ek elke plek in Duitsland kan verken.” Hy reis met net ‘n rugsak en leef hoofsaaklik van pizza en sop wat hy – as ‘n treinpashouer – gratis in die spooroperateur Deutsche Bahn se stasiesitkamers kry.

Aanvanklik was dit moeilik. Stolley kon snags nie slaap nie – sy treinkaart laat hom nie toe om nagtreine met beddens te gebruik nie – en het gereeld teruggekeer huis toe om sy gesin te sien.

Maar hy het gou gewoond geraak aan die lewe op die treine.

Hy het ’n lugbed gekoop waarmee hy snags in die groot bagasie-areas van hoëspoed-treine slaap.

En ná ‘n jaar het hy sy reiskaart na ‘n eersteklas een opgegradeer – wat 5 888 euro per jaar kos (dit is so N$114 000) – wat hom toegang verleen tot ruimer waens en die Deutsche Bahn se sitkamers.

Moenie dink die jong man sit net rond nie.

Hy werk as ‘n deeltydse programmeerder.