Hier skiet ons ekonomie tekort, sê ekonoom

Die Afrika Ekonomiese Vooruitsigte-verslag deur die Afrika Ontwikkelingsbank sê dat die kontinent getransformeer het sonder industrialisasie, maar deur ‘n lae-geskoolde dienstesektor, hoofsaaklik as gevolg van lae vervaardigingsaktiwiteite. Die uitbreiding in indiensneming in dienste, wat bydra tot groeibevorderende strukturele verandering, het gepaard gegaan met ‘n skerp afname in indiensneming in landbou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus, wat gebreke in die plaaslike ekonomie uitlig.