Hidrologiese Diens: Riviere neem plaaslik af

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die watervlak in die Zambezi-rivier het effe gedaal van 5,38 meter tot 5,35 meter met ‘n vloei van 3 428 kubiek meter water per sekonde. Verder wes vloei die Okavango-rivier by Rundu steeds laer op 5,1 meter met 211 kubieke meter water per sekonde wat gemeet is. Die vloei by die Ruacana-hidroëlektriese aanleg is tans op 278,7 kubieke meter water per sekonde. Die vloei het oor die afgelope paar dae gestabiliseer en vertoon baie beter as verlede jaar die tyd toe 119 kubieke meter water per sekonde aangeteken is. In die verre Suide staan Blouputs in die Benede Oranje-rivier tans op 0,97 meter teenoor 2,14 meter wat die tyd in 2022 aangeteken is.