Hezbollah skiet meer as 100 vuurpyle op Israel

Libanon se Iran-gesteunde Hezbollah-groep sê hy het vandag meer as 100 vuurpyle afgeskiet op Israelse militêre teikens, uit weerwraak vir ‘n aanval in die ooste van die land, waarin een persoon dood is. Hezbollah, ‘n bondgenoot van Hamas, en Israel skiet byna daagliks oorgrens op mekaar sedert die Gaza-oorlog in Oktober uitgebreek het. Verskeie Israelse aanvalle het onlangs Hezbollah-teikens verder noord getref, wat vrese laat ontstaan vir ‘n volwaardige konflik. Hezbollah sê in ‘n verklaring hy het meer as honderd vuurpyle op twee militêre basisse in die besette Golan-hoogland afgevuur.