Hezbollah sê Safieddine is soek

Hezbollah het kontak verloor met ‘n moontlike opvolger van sy ontslape leier Hassan Nasrallah. ‘n Libanese sekerheidsbron het aan CNN gesê die groep het nie weer van Hashem Safieddine gehoor nie sedert ‘n Israelse aanval op Beiroet hom Vrydag geteiken het. Safieddine het gedien as hoof van Hezbollah se uitvoerende raad en is beskou as die waarskynlikste bekleër van die organisasie se hoogste rang. Hy is ‘n neef van Nasrallah en hulle het saam in Iran studeer. Amerika het Hezbollah in 1997 tot buitelandse terroriste-organisasie verklaar, en Safieddine in 2017 tot ‘n buitelandse terroris.