Hezbollah se Aqil was ook in VSA gesoek

Meer inligting is bekend oor die dood van die Hezbollah-leier Ibrahim Aqil na ‘n Israeliese aanval op Beiroet, waarin 14 dood is en talle gewond is. Die teiken was ‘n gebou in ‘n voorstad, met berigte wat sê tien lede van Hezbollah se Radwan spesiale magte-eenheid het ook gesterf. Die aanval het gevolg nadat Hezbollah meer as 100 missiele op die noorde van Israel afgevuur het en Israel wat die suide van Libanon geteiken het. Aqil is ook deur Amerika gesoek vir sy beweerde betrokkenheid by die bombardering van die Amerikaanse ambassade en ‘n vloot-kaserne in Beiroet in 1983.