Hezbollah sal wraak neem, eerste vlugte opgeskort na streek

Hezbollah wys die vinger na Israel nadat 12 mense dood is in ‘n aanval waarin radio-roeptoestelle in Libanon ontplof het. Twee van die slagoffers was kinders en duisende mense is gewond. ‘n Dag later is minstens 20 mense is dood en meer as 450 beseer toe tweerigting-radio’s reg oor Libanon ontplof het. Die Iran-gesteunde groep het wraak gesweer. Air France-KLM en Lufthansa het reeds hulle vlugte na Israel en sommige ander bestemmings in die streek opgeskort, te midde van oplaaiende spanning.