Hezbollah ‘pager’ aanvalle – dit was Mossad

Die Iran-gesteunde Libanese militante groep Hisbolla het wraak teen Israel belowe ná die noodlottige ontploffing van radio-ontvangtoestelle bekend as pagers in Libanon. Minstens nege mense is dood en nagenoeg 3 000 is gewond nadat Hisbolla-lede se radio-ontvangtoestelle ontplof het. Iran se ambassadeur in Libanon is een van die gewondes. ‘n Boodskap is op die toestel gestuur so talle mense het hulle oë en hande verloor. Ander is in die buik beseer. Israel het nog nie op die aanval gereageer nie. CNN berig dat hy verneem het die ontploffings was die gevolg van ‘n gesamentlike operasie tussen Israel se intelligensiediens, Mossad, en die weermag.