Hezbollah ontken vuurpylaanval in Golanhoogte

‘n Vuurpylaanval op ‘n sokkerterrein in die Israelies-besette Golanhoogte het Saterdag 12 mense, insluitend kinders, gedood. Israeliese owerhede blameer Hezbollah en sê ‘n terugaanval sal uitgevoer word. Hezbollah het enige verantwoordelikheid vir die aanval ontken. Die aanval het spanning in die vyandelikhede skerp laat toeneem en groter vrese vir ‘n volskaalse konflik tussen die swaargewapende teëstanders laat ontstaan.